Tuesday, May 25, 2010

die vlaktes van my siel

Ongetitled. 10

Vanmore is my gedagtes van gister
Dit wat was en miskien nooit weer sal wees nie
En tussen verdwaalde emosies
Sak die son en strek sy hand uit na die maan se skaduwee
Die somerreens bly nou lank weg
En die dorre hitte verteer my

Die soeke na ‘n kalm koelte
Is soos ‘n reisiger wat haas oppad is na nerens
Maar erens op ‘n pad
Le die hemel blou
Met sulke wit engeltjies
Wat waai in die wind
En die kroes bossies
Rus vaal en bruin
En lewe in die dorre aarde
Met waters diep na benede
Die plek, waar dit eens soos die sand gele het
En as jy stil word kan jy steeds die golwe hoor
En jy proe steeds die sout wat hierdie aarde deurtrek

Die stories van reisigers waai in die wind
Na plekke waar siele trek
Waar alleen-wees allerdaags is
En in die plek waar seisoene net geken word aan die son se tyd
Is oomblikke veel langer
Hier ontferm tyd hom nog oor sy kinders wat die lewe nagelaat het
Hier is drome tydloos en bly met jou
Hier kan jy praat
Na jouself luister
Want God het hierdie plek omskep
En die kleed van verwagtinge weggewerp
Sodat die stille stemme meegevoer word na hulle wat nog die storie moet hoor….

George A. Hill
Augustus 2009


(peace & love - GAH the truthseeker)

No comments:

Post a Comment