Wednesday, May 26, 2010

SONDER 'N NAAM

jou gedagtes le na aan my
soos daai more toe ons een was
en diep binne jou het ek verdwaal
na 'n hemel-blou-oranje poort
'n canvas van ons liefde le tussen ons siele en reik uit na mekaar.

die smaak van liefde

soos gulsige tonge wat oorryp pruime proe en taai spore nalaat,
dae later steeds wandel jy deur my gedagtes,
kieste vol verrukking,

die tasbaarheid van liefde.

jy sit op jou plek en ryg jou vingers deur die grond,
speel met die sand en die modder kleef aan jou hande, arms en elmboe,
die gladheid tussen jou tone,
die reuk van aarde jaag jou altyd na.

die klank na liefde.

soms wil ek net jou stem hoor,
jou kielie-lag so diep uit jou onderste uit,
waar jy jou alles blootle,
sonder skerm met ope arms,

die sig na liefde.

ek kyk na jou,
hoe die boeke jou toevoe,
jou naakte lyf daaronder,
so weerloos,
so sag,
so fyn,
so glad,
tussen die blaaie vind jy altyd vrede,
en om die hoeke van jou mond staan lagduiweltjies en loer,
en terg mekaar weerbarstig,

ek skryf al lank oor liefde,
ek skryf al lank oor jou,
jy wat nie eers 'n naam het nie,
jy wat stilbly en altyd na my luister,
wat vloei binne my en kleef aan my siel,
soms maak ek my oe styf toe en smile,
dis altyd net ek en jy,

en ek ken nie eers jou naam nie...

George A. Hill
jozi 2005

(Peace & Love GAH - the truthseeker)

1 comment: